Bosveld NewsNews

Aksiebelaaide manne-aand sorg vir pret, spoguitstallings, veilings en vele meer

MEER as 250 gaste het op Saterdag 8 Mei die Strewersklub en die Potgietersrus CVO-skool se jaarlikse en unieke manne-aand wat gepaard gegaan het met 'n Superior Game Breeders wildsveiling bygewoon.

MEER as 250 gaste het op Saterdag 8 Mei die Strewersklub en die Potgietersrus CVO-skool se jaarlikse en unieke manne-aand wat gepaard gegaan het met ‘n Superior Game Breeders wildsveiling bygewoon.

Die aand was propvol aksie en die alombekende André de Villiers bekend vir sy rol in die Safaris 4×4 Roetes televisieprogram het 4×4 geesdriftiges se vrae beantwoord.

Verskeie uitstallers was deel van die geleentheid wat insluit motorhandelaars, grondverskuiwingstoerusting tot benodigdhede in die boerdery- en landbousektor.

Tydens die wildsveiling het Waltie Van der Walt van Superior Game Breeders, top kwaliteit wild aangebied terwyl die skool ook diere vanuit hul eie njala en swart-rooibok -teelprojekte onderskeidelik verkoop het.

Vleissentraal Bosveld het die veiling op ‘n professionele wyse behartig wat bygedra het tot die groot sukses van die aand.

Die opvoedingsraad van die skool sê dat hul met die inkomste van hul geslaagde funksie ‘n nuwe maatstaf gestel het wat moeilik oortref gaan word.

Die Strewersklub en die Potgietersrus CVO-skool bedank al die borge, uitstallers, Vleissentraal Bosveld en in besonder vir Waltie Van der Walt vir hul bydrae tot die reuse sukses van die aand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button