Local NewsNews

Leerders en inwoners kom byeen om jaarlikse eerbetoonseremonie te vier

Die jaarlikse eerbetoonseremonie wat gehou word ter nagedagtenis aan dié wat tydens die weerstand om 'n Britse Kolonie te word omgekom het, is onlangs weer in die stad herdenk.

POLOKWANE – Die jaarlikse eerbetoonseremonie wat gehou word ter nagedagtenis aan dié wat tydens die weerstand om ‘n Britse Kolonie te word omgekom het, is onlangs weer in die stad herdenk.

Vanaf 1899 tot en met 1902 was die inwoners van Suid-Afrika betrokke by ‘n geweldadige oorlog – Engeland wou beheer neem oor Suid-Afrika deur die koloniseringsproses en sodoende al die rykdomme van die land inpalm. Die inwoners van die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) en die Republiek van die Vrystaat het die Britse oppergesag in Suid-Afrika met hardnekkige teenstand uitgedaag. Die Britse Militêre Bevel het toe die opdrag gegee om boerewonings en landgoed te vernietig (die verskroeide aarde bevel), vroue, kinders en nie-vegtendes was gevolglik in konsentrasiekampe geplaas. Een van die noordelike kampe was die Pietersburg Konsentrasiekamp waar nie net boerevroue en kinders geplaas was nie maar ook die Buys-bevolking. Honderde het in die kamp gesterf en in eer van die mense wat teen die stryd gestaan het word die jaarlikse Eerbetoonseremonie elke derde Sondag in Mei gehou.

Verskeie plaaslike skole en inwoners het verlede Sondag by die Pietersburg Konsentrasiekampkerkhof bymekaar gekom vir die jaarlikse eerbetoonseremonie. Verskeie leerders en inwoners het kranse op die grafte geplaas gevolg deur ‘n kort kerkdiens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button