Bosveld NewsNews

Orkes sê dankie

SIMFONIA Juventi sê dankie aan die gemeenskap van Mookgophong en Mokopane. Dit was die vyfde keer dat die orkes op Mookgophong opgetree het en weereens 'n geslaagde konsert by Hoërskool Hans Strijdom aangebied het.

MOKOPANE – SIMFONIA Juventi sê dankie aan die gemeenskap van Mookgophong en Mokopane. Dit was die vyfde keer dat die orkes op Mookgophong opgetree het en weereens ‘n geslaagde konsert by Hoërskool Hans Strijdom aangebied het.

Dit was vir Simfonia Juventi ‘n voorreg om musiek te kon maak ten bate van die skool en vir die Henda Nel-fonds.

Die water is geborg deur Orxy Aqua en die fondse van die water en deurkollekte wat gehou was gaanna die Henda Nel-fonds.

Henda was verlede jaar ‘n matriekleerder aan Hoërskool Hans Strijdom wat met T-cell ALL Lymphoblastic Leucemia, brein- en rugmurgkanker gediagnoseer is.

Sy is Sondag in Unitas opgeneem vir 12 bestralingbehandelings is en word daarna oorgeplaas na Pretoria-Oos vir intensiewe behandeling waarna die beenmurgoorplanting op 29 Mei 2015 sal plaasvind.

Henda was Saterdag deel van die gehoor en die orkes het spontaan vir haar opgestaan en haar toegejuig. Sy is sterkte toegewens vir die ses maande wat voorlê.

Die skool was die gasteouers vir twee aande en nie minder as 31 huisgesinne het hulle huise en harte oopgemaak en die orkeslede getrakteer. Ons opregte dank gaan aan elke gasteouer wat die orkeslede gratis gehuisves en rondgery het.

Dit was ‘n twee-uur lange program en het onder andere ingesluit: Guiseppe Verdi se “Il Travatore: Aambeeldkoor”, Robert Smith se In A Gentle Rain, Antonin Dvonák uit “Die Nuwe Wêreldsimfonie: ii Largo” en John Williams se Star Wars en vele meer.

Die orkesbestuur sê dankie vir die gemeenskap van Mookgophong en Mokopane vir hul ondersteuning. Sonder hulle sou hierdie kultuur en klassieke musiekaand nie moontlik gewees het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button