GalleriesLocal NewsNews

Vryburgers van stad bederf bejaardes

Die Vryburgers welwillendheidsorganisasie het weereens 'n uitstappiegeleentheid vir bejaardes van die Vergeet-My-Nie en Ons Tuiste tehuise vir bejaardes na die Polokwane Wildreservaat gereël.

POLOKWANE – Die Vryburgers welwillendheidsorganisasie van die stad het verlede Sondag weereens ‘n uitstappiegeleentheid vir bejaardes van die Vergeet-My-Nie en Ons Tuiste tehuise vir bejaardes na die Polokwane Wildreservaat gereël.

Dit is ‘n jaarlikse instelling van die Vryburgers om die bejaardes op ‘n wildreservaatbesoek te neem en te bederf.

Die bejaardes is eers per bus, danksy die vrygewigheid van Limpopo Coaches, deur die reservaat geneem om van die vele wild te besigtig.

Na die rit is hulle na die Dries Abrahamse Lapa in die reservaat geneem waar hulle op ‘n heerlike kerrie en rys-ete getrakteer is. Daar is ook heerlik aan roomys met sjokoladesous gesmul na die ete waarna die bejaardes huiswaarts gekeer het.

Die volgende belangrike geleentheid op die Vryburgers se jaarprogram is hul jaarlikse wynveiling wat in Augustus gehou gaan word. Nader aan die geleentheid sal daar meer besonderhede daaroor beskikbaar wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button