EntertainmentLifestyleLocal NewsNews

Eerste Country fees vir Louis Trichardt

Al was die weer koud en onplesierig op 23 Mei, het die gemeenskap van Louis Trichardt nie toegelaat dat dit hulle verhoed om hierde besonderse dag terdeë te geniet nie.

LOUIS TRICHARDT – Al was die weer koud en onplesierig op 23 Mei, het die gemeenskap van Louis Trichardt nie toegelaat dat dit hulle verhoed om hierde besonderse dag terdeë te geniet nie.

Altie van den Heever en Vicky Wilders (bestuurders van Uitreik Louis Trichardt) was die dryfkrag en organiseerders van hierdie nuwe vermaakverdryf vir die inwoners van Louis Trichardt, met gaskunstenaars soos Heuning, Sonicka Gouws, Amica Theunissen, Erika SA Country meisie en vele meer.

Uitreik Louis Trichardt is ‘n nie-winsgewende organisasie wat minder-bevoorregte mense bystaan en ‘n totaal van R13 000 is ingesamel vir die organisasie deur die 290 mense wat die dag bygewoon het.

Alhoewel die koue ‘n effense demper was, was daar ‘n verskeidenheid stalletjies en springkastele vir die kinders se genot, maar toe daar onverwags 19:00 beurtkrag was, kon party van die gaskunstenaars nie hul verskyning op die verhoog maak nie en dus was die aand se verrigtinge kortgeknip.

“Ek wil net graag baie dankie sê aan Masequ Bricks & Rooftiles vir die borg van die gaskunstenaars Heuning, die gemeenskap wat die fondsinsamelingsprojek ondersteun het, DJ Jonthy en sy vrou Ronja vir die lekker musiek, aan al die gaskunstenaars en die gastehuise wat die gaskunstenaars gehuisves het. Baie dankie ook vir PD Otto Elektries vir ekstra kra bokse vir die sangers, kindervermaak en stalletjies, DRS Data Response Security en al die die uitstallers, die span van Uitreik Louis Trichardt, Altie vir al die hulp en organisering van die dag, Susan, Marietjie en Ben van Baalen baie dankie vir als. Su-Mari en Clarissa, baie dankie vir al julle hulp, die dorpswag wat op bystand was vir noodhulp.

“Dan wil ek die belangrikste gas bedank, Pappa Vader die dag kon nie beter gewees het nie, alle eer kom na U toe want sonder U is niks moontlik, dan wil ek graag ook die Review koerant bedank omdat hulle die dag bygewoon het en ook vir al die publisiteit oor ons Country dag.” het Vicky Wilders van Uitreik Louis Trichardt die dag mee afgesluit.

MEER FOTO’S

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button