Bosveld NewsNews

Aksiebelaaide 4×4 dag vir die Percy Fyfe DBV

"Dit was 'n baie lekker dag en ek bedank die deelnemers vir hulle ondersteuning. Ek is net teleurgesteld in die swak opkoms van toeskouers," sê Fred Cooper van die Valke buurtwag.

MOKOPANE – DIE 4×4 dag verlede Saterdag wat deur die Valke buurtwag ten bate van ‘n fondsinsameling vir die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging, (DBV), aangebied is, het 12 avontuurlustige 4×4 bestuurders gelok.

“Dit was ‘n baie lekker dag en ek bedank die deelnemers vir hulle ondersteuning. Ek is net teleurgesteld in die swak opkoms van toeskouers,” sê Fred Cooper van die Valke buurtwag.

Die 4×4 geesdriftige Helon Hulme het koning gekraai op die hindernisbaan, Theo de Wet het ‘n tweede plek opgeraap en Herman Nel het ‘n derde plek losgery. “Ek bedank die Valke buurtwag, al die deelnemers en toeskouers vir hulle ondersteuning,” sê Marcelle Maritz, bestuurder van die DBV.

Die geesdriftige deelnemers is voor: Gawie de Wet, Theo de Wet en Fredrick Cooper. Middel: Helon Hulme, Herman Nel en Piet van Coller. Jacques du Plooi, Clement Du Toit, Hannes van Wyk, Martiens Richter, Renier Coetzee en Fred Cooper.
Die geesdriftige deelnemers is voor: Gawie de Wet, Theo de Wet en Fredrick Cooper.
Middel: Helon Hulme, Herman Nel en Piet van Coller. Jacques du Plooi, Clement Du Toit, Hannes van Wyk, Martiens Richter, Renier Coetzee en Fred Cooper.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button