Bosveld NewsEntertainmentLifestyleNews

Gaan groot by dié boerebasaar

Die AP Kerk op die hoek van Pretorius en JG Strydom hou Saterdag, 30 Mei weer Boerebasaar vanaf 08:00 die oggend.

MOKOPANE – Die AP Kerk op die hoek van Pretorius en JG Strydom hou Saterdag, 30 Mei weer Boerebasaar vanaf 08:00 die oggend.

Soos almal weet word hierdie basaar elke jaar gekenmerk deur die besonderse gehalte van vleis wat insluit bees, vark, skaap en wild. “Ons almal is bewus van die ekonomie wat druk en die uitdaging om elke huishouding se begroting te laat klop. Daarom het die orginiseerders hierdie jaar besluit om die pryse billik te hou. Inteendeel word die vleis by die basaar verkoop teen 2 jaar gelede (2013) se Basaar pryse. Daar is genoeg voorsiening gemaak en hierdie jaar is daar ‘n totaal van 9 beeste geslag. U kan nie so ‘n geleentheid laat verby gaan nie.”

Kom koop vir jou bees- of wildsbiltong wat klaar gesout is wat jy self kan droog maak by die huis.

Plaasvars groente en vrugte direk van die plaas gaan in oorvloed wees. Kinders kan kom deel in die pret en die lekkerste tuisgemaakte lekkers en snoeperye koop.

Die dames werk al heel jaar aan keurige handwerk artikels. Tweedehandse boeke, CD’s en DVD’s gaan ook te koop aangebied word.

Reg deur die dag is daar heerlike kos te koop soos sosaties, pannekoek, hamburgers en boerewors rolletjies. En wat is ‘n basaar sonder ‘n poedingtafel? Dit kan jy nie laat verbygaan nie.

En as jy net wil ontspan, kom geniet ‘n koppie boeretroos in die teetuin. Vrydag word pannekoeke reeds gebak en by verskeie besighede en skole in die dorp afgelewer.

Hierdie jaar het ons weer kredietkaart fasiliteite beskikbaar vir diegene wat nie vooraf in ‘n ry by die kitsbank wil gaan staan nie.

Kom deel gerus in die dag, ons sien uit om oud en jonk daar te sien.

Vir enige navrae skakel gerus die kerkkantoor by 015 491 7016

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button