Bosveld NewsNews

Piet Pot se koor betower gehoor tydens hulle ATKV-deelname

IN 'n volgepakte skoolsaal by Hoërskool Pietersburg is daar Maandagaand na die verskeie laer- en hoërskoolkore geluister wat deelgeneem het aan die ATKV Applous koorkompetisie vir skole.

MOKOPANE – IN ‘n volgepakte skoolsaal by Hoërskool Pietersburg is daar Maandagaand na die verskeie laer- en hoërskoolkore geluister wat deelgeneem het aan die ATKV Applous koorkompetisie vir skole.

Hoërskool Piet Potgieter se koor was al die middag daar vir’ n klanktoets en om seker te maak alles verloop klopdisselboom.

Vanjaar spog die koor onder leiding van Deirdre Strauss, met pragtige nuwe oranje serpe en daar is hard gewerk aan die vier liedere wat gesing is.

Die koor se optrede het beslis uitgestaan tussen die ander en ‘n mens kon die groei vanaf verlede jaar en die ure se oefen saam met Strauss en begeleier, Nesta Malan sien in hul prag optrede wat luide applous vanuit die gehoor ontlok het.

Die koor is beloon met ‘n silwer toekenning.

Die hoofbeoordelaar van die ATKV Applouskompetisie het in haar repliek onder meer gewys op die saamsmelt, balans en harmonie van die stemme, die strawwe mededinging en baie ander kore landswyd waarna sy luister.

Strauss het aan Bosveld gesê dis ‘n groot nasionale kompetisie met baie tegniese aspekte en internasionale standaarde.

Dit beteken die silwer toekenning is uitstekend gesien in die lig van die groot kore soos Menlopark, Waterkloof en Afrikaans Hoër se seuns en meisies wat ook deelneem en baie skoolkore wat al internasionaal gaan sing het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button