MunicipalNews

Waterlek is ‘n padgevaar

Laasweek het 'n pyp gebars op die hoek van Vorster- en Andersonstrate en tot dusver het hierdie lekkasie 'n rol gespeel in vier ongelukke.

LOUIS TRICHARDT – Laasweek het ‘n pyp gebars op die hoek van Vorster- en Andersonstrate en tot dusver het hierdie lekkasie ‘n rol gespeel in vier ongelukke.

Die Makhado Munisipaliteit moes ‘n gat in die teer maak om die gebarste pyp te herstel, en volgens ‘n inwoner wat anoniem wil bly, het die munisipaliteit die gat net so laat staan. “Daar gaan nog ‘n groot ongeluk gebeur waar mense ernstig gaan seerkry.

Die eerste ongeluk was op Vrydag, 29 Mei en die volgende dag (Saterdag) was daar twee ongelukke ‘n uur uit mekaar.

Review het gaan inspeksie doen en gevind dat daar slegs vier oranje heksehoedjies ‘n paar meter weg van die gat gesit is sowel as waaskuwingsband wat aan flarde hang.

Review het die munisipaliteit gekontak maar geen terugvoer was teen druktyd van die munisipale woordvoerder, Louis Bobodi beskikbaar nie.

Die oopgekapte gat op die hoek van Anderson- en Vorsterstrate.
Die oopgekapte gat op die hoek van Anderson- en Vorsterstrate.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button