Skryf nou jou span in vir Kansa se Relay For Life om jou deel te doen teen die ‘groot K’
DIE jaarlikse Mokopane Relay For Life (RFL) word op 21 en 22 Augustus by Hoërskool Piet Potgieter gehou en die komitee moedig spanne aan om in te skryf.
MOKOPANE – DIE jaarlikse Mokopane Relay For Life (RFL) word op 21 en 22 Augustus by Hoërskool Piet Potgieter gehou en die komitee moedig spanne aan om in te skryf.
Die spanne kan gerus ‘n banier maak met die span se naam en slagspreuk daarop. Vanjaar se slagspreuke moet verkieslik begin met ‘n K om sodoende klem te lê op die ‘groot K’.
Enigiemand wat graag die RFL se logo op T-hemde, baniere, of enige ander items wil laat druk, kan dit via e-pos aanvra by Leon Koekemoer. Sy nommer is 082 894 3045, of stuur ‘n epos na leon.koekemoer@seeff.com .
Alle spankapteins word aangemoedig om die vergaderings by te woon sodat die spanne op hoogte kan bly van die reëlings en sodat kan almal weet wat om te verwag.
Dit is beangrik om kennis te dra van die volgende reëlings:
• Alle spanne moet ‘n spanregistrasievorm invul wat van enige lid van die komitee verkry kan word, of stuur ‘n e-pos aan Leon Koekemoer of Morné Jooste by mrjooste@mweb.co.za .
• ‘n Span kan bestaan uit enigiets tussen 10 – 15 lede, en een kaptein kan meer as een span inskryf.
• Alle registrasiefooie moet so gou moontlik via elektroniese bankbetaling gedoen word;
• Die spankaptein moet seker maak dat ‘n Kansa kwitansie ontvang word in geval van kontantbetalings.
• Survivors moet asseblief vir Ansie Potgieter (Mokopane) skakel by 084 880 9590, of vir Wilna van den Heever (Modimolle) by 082 493 1884.
Enige navrae kan gerig word aan Ansie Van Heerden by 076 409 4444 , e-pos avheerden@cansa.org.za



