Editor's choiceNewsSchools

Kruinie-finaliste reik uit na Aretha se gemeenskap

Die Mnr. en Mej. Heuwelkruin projek is reeds sterk aan die gang en Review het met nog 'n groep finaliste gaan gesels, Rudolph Oosthuizen, Shimone Bojé en Lize Ernst.

POLOKWANE – Die Mnr. en Mej. Heuwelkruin projek is reeds sterk aan die gang en Review het met nog ‘n groep finaliste gaan gesels, Rudolph Oosthuizen, Shimone Bojé en Lize Ernst.

“Ons beplan om ‘n skenking aan Aretha Tehuis te maak, dan by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal se Tough Living with Cancer-saal gaan ons ‘n donasie maak en bietjie tyd saam die kinders spandeer en hulle ouers ondersteun. Ons wil graag ‘n tuin by die Seshego Drop In Centre begin, die gebou verf en tyd saam die inwoners spandeer.

“Die feit dat ons ander mense kan help is vir my van meer belang as die fondsinsameling,” vertel Lize.

Rudolph vertel dat die vir om onverwags was om te hoor hy is finalis van die projek. “Ek sien baie uit na die projekte. Die feit dat ek ‘n verskil kan maak is baie opbouend,” sê Rudolph.

Shimone vertel dat hulle beste vriende is, hulle kan dus as groep lekker saamwerk. “Dis lekker om iets te doen waarby jy die gemeenskap kan betrek. Ek sien vreeslik uit daarna om ‘n verskil in hul lewens te maak.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button