Editor's choiceLocal NewsNewsUpdate

Die Here het twee van Sy pêrels by ons kom haal

Dinsdag is berig van die Van der Walt boeties (Stiaan en Coetzee) wat saam met hulle pa, Kobus, Saterdagaand in 'n ongeluk betrokke was. Die ongeluk het plaasgevind 15km voor Musina toe die pa en seuns onderweg was vanaf hul plaas tussen Musina en Alldays.

POLOKWANE – Dinsdag is berig van die Van der Walt boeties (Stiaan en Coetzee) wat saam met hulle pa, Kobus, Saterdagaand in ‘n ongeluk betrokke was. Die ongeluk het plaasgevind 15km voor Musina toe die pa en seuns onderweg was vanaf hul plaas tussen Musina en Alldays.

Kobus se broer, Callie, vertel dat die drie oppad was na Musina met ‘n bakkie en sleepwa toe hulle teen ‘n stilstaande bakkie vas gery het. Dié bakkie was onklaar en oorlaai en daar was geen waarskuwingsligte of ‘n driehoek nie.

Stiaan (17), ‘n gr. 10-leerder by Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé is opslag oorlede en Coetzee (6) is in die ambulans oppad Polokwane toe oorlede. Kobus is in die hositaal opgeneem met beserings.

“My pa vat dit soos dit kom. Hy is steeds in die hospitaal met nekbeserings. Die dokters vermoed iets is verkeerd met sy nek. Ons het ook gevra dat my ma, Philna, opgeneem word vir stres. Hulle altwee word vandag ontslaan, maar moet Vrydag terugkom,” vertel Marianné, Stiaan en Coetzee se ousus. Sy is ‘n student in Potchefstroom wat tydelik kom hand bysit by die huis.

“Stiaan my ou stinkie ek gaan jou so baie mis jy moet in vrede rus daar bo by liewe Jesus ek wil nogsteeds nie glo jy is weg van ons geneem op so vroeë ouderdom, maar ek weet jy is nou in n beter plek. Maar ek vra baie baie mooi kyk mooi na ons van daar bo af…”(sic) Skryf Marianné op haar Facebookblad kort na die ongeluk.

Stiaan se graadvoog by HTS Tom Naudé, Eunice Vorster, onthou hom as ‘n stil kind met goeie maniere. “Hy was ‘n aangename kind wat eerlik en onderdanig was. Hy het my nooit uitgedaag of opdraande gegee nie. Hy sou eerlik sê as hy nie sy huiswerk gedoen het nie. Sy sprankelende oë was altyd vir my die treffendste. Hy het my altyd vertel hy wil graag boer, hy het gelewe vir die plaas. Stiaan was ‘n liefdevolle kind wat nie vreeslik baie gepraat het nie.”

Een van sy vriende, Henno Fourie, onthou hom as ‘n vriend wat ‘n grap kon vat en kon maak.

“Hy was saam met my in die koshuis en ek onthou hy het altyd sy eie stoel gevat om op te sit, ons het nooit geweet waarom nie. Hy kon lekker grappe maak en poetse bak. Ek sal nooit vergeet hoe hy elke oggend op my bed kom val het en vertel het van die speletjie wat hy speel nie.”

Die begrafnisdiens vind plaas môre vanuit die Hervormde Kerk Musina om 11:00. Die teraardbestelling is Vrydag op die plaas waar beide seuns in een graf begrawe gaan word plaas.

 

Stiaan (16) en Coetzee (6) sterf in botsing

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button