Editor's choiceLocal NewsNewsUpdate

Gesin is baie dankbaar vir sy tweede kans

"Hierdie ma se hart wil bars, ek verdien nie die genade nie. Die beste dag van my lewe." Is slegs 'n paar van die woorde vol dankbaarheid wat Jeanette Wewege Basson gehad het toe haar seun Dian met haar kon praat en van haar vrae antwoord vanuit sy hospitaalbed.

POLOKWANE – “Hierdie ma se hart wil bars, ek verdien nie die genade nie. Die beste dag van my lewe.”

Is slegs ‘n paar van die woorde vol dankbaarheid wat Jeanette Wewege Basson gehad het toe haar seun Dian met haar kon praat en van haar vrae antwoord vanuit sy hospitaalbed.

Dian Basson is op Maandag, 15 Junie ernstig beseer in ‘n ongeluk sowat 45km buite die stad op die Modjadjiskloof pad. Volgens Jeanette het ‘n ooggetuie wat agter Dian gery het hom sien uitswaai vir iets in die pad waarna hy beheer oor die voertuig verloor het.

Dian is na die Limpopo Mediclinic geneem waar hy behandel is vir verskeie beserings, onder andere het een van sy longe platgeval, hy het breke aan beide gewrigte, ‘n gekraakte skedel, beserings aan sy bors en bloeding op die brein.

Op Maandag, 22 Junie het die Basson-gesin weer in die hospital gaan kuier waar hulle ingegaan het met die goeie nuus dat daar ‘n groot verbetering by Dian is en dat die dokters tevrede is met die vordering, maar niks kon hulle voorberei vir die verrassing wat op hulle gewag het nie.

Dian was van die ventilator af en hy het met ons gepraat. Sy oë was nog toe maar hy kon ons vrae beantwoord en hy het na sy broer en mesie gevra,” vertel Jeanette. Sy vertel dat daar nie woorde is om te beskryf hoe dit gevoel het om hom in so ‘n verbeterde toestand en sonder die ventilator te sien nie. “Ek was so geskok toe my kind met my kon praat.

“Aan die begin het hy min gepraat maar nou praat hy meer, elke woord is vir my net meer en meer van ‘n wonderwerk,” vertel sy. Die gesin wil graag aan die hoof van Hoërskool Pietersburg, Willie Schoeman, die skool se personeel en leerders en vir die gemeenskap baie dankie sê vir hulle ondersteuning, gebede en al die klein dingetjies wat hulle gedoen het om die gesin in hierdie tyd by te staan.

“Daar is soveel dingetjies wat mense vir ons gedoen het, selfs mense van oorsee het vir ons gebid. Julle het ons sterk gehou en deur gedra, ons wil julle almal bedank uit die diepte van ons harte uit,” het Jeanette vertel. Dian sal nog operasies moet ondergaan om die verskeie breke te herstel, die dokters wag eers dat sy koors daal voor hulle met die operasies kan voortgaan.

Dian Basson sterk steeds aan in hospitaal

Wense tot beterskap stroom in vir Dian Basson na ongeluk

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button