Gastehuis-eienaars oorleef ‘n geweldadige rooftog
Sondagmiddag, 23 Junie, was die rustigheid by 'n plaaslike gastehuis 16km buite die dorp op die Levubu-pad geweldadig weggeruk toe drie gewapende verdagtes in balaklavas die gastehuis binnestorm en die egpaar wat die gastehuis besit vasgebind het, waarna hul geld en waardevolle items geëis het.
LOUIS TRICHARDT – Sondagmiddag, 23 Junie, was die rustigheid by ‘n plaaslike gastehuis 16km buite die dorp op die Levubu-pad geweldadig weggeruk toe drie gewapende verdagtes in balaklavas die gastehuis binnestorm en die egpaar wat die gastehuis besit vasgebind het, waarna hul geld en waardevolle items geëis het.
Nadat die egpaar aangerand is, het die verdagtes die kluissleutels gekry en die egpaar is in die stoorkamer geboender waarna die verdagtes drie jaggewere, ‘n handwapen, vyf televisiestelle en ‘n skootrekenaar gebuit het. Die verdagtes het vanaf die toneel gevlug in ‘n donkerkleurige Audi A4.
Die totale waarde van die items tydens die roof is nog nie bepaal nie en die Makhado-polisie vra inwoners om enige inligting wat moontlik tot ‘n arrestasie kan lei by die polisiestasie of die Makhado gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) aan te meld.




