Local NewsNews

Ponde vir hul pennies by basaar

Besoekers aan Saterdag se Pennies en Ponde kerkbasaar by die Nederduitch Hervormde Kerk Pietersburg kon hulself bederf met heerlike kos, drinkgoed en vele meer items wat te koop aangebied is.

POLOKWANE – Besoekers aan Saterdag se Pennies en Ponde kerkbasaar by die Nederduitch Hervormde Kerk Pietersburg kon hulself bederf met heerlike kos, drinkgoed en vele meer items wat te koop aangebied is.

Tuisgemaakte gebak, klere, speelgoed en juwele is van die produkte wat Saterdag by die Pennies en Ponde basaar te koop aangebied is.

Die basaar word al vir die afgelope drie jaar deur die Nederduitch Hervormde Kerk Pietersburg se gemeente aangebied om geld in te samel vir behoeftige mense.

Hierdie basaar het ook ‘n baba- en kinderkompetisie aangebied.

Bernard Putter was die wenner vir babas ses tot 11 maande oud. Sy ousus, Roné, was die wenner in die afdeling vir kinders 24 tot 36 maande oud. In die afdeling vir 12 tot 23 maande oud is die prys aan Zimieke Coetser toegeken.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button