Editor's choiceLocal NewsNews

Top troukiekies tot top toekennings

Natalie Loots voel meer gemaklik met 'n kamera in die hand as enige anders. Sy is nou vir die tweede keer aangewys as een van die top troufotograwe in die land.

POLOKWANE – Natalie Loots is ‘n lewenslustige 26-jarige vrou wat meer gemaklik voel met ‘n kamera in die hand as enige anders.

Sy het ‘n B.A. Kommunikasie graad aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom behaal en in fotojoernalistiek spesialiseer. Hierna volg ‘n honneurgraad in joernalistiek en twee diplomas in fotografie.

Nou, vir die tweede keer, is sy aangewys as een van die top troufotograwe in die land.

“Ek het op sewejarige ouderdom reeds my eerste film mik-en-druk kamera gekry. Toe ek 19 was het ek dubbel skofte as kelner gewerk om my eerse digitale kamera te koop. Na my studies het ek besluit om ‘n voltydse fotograaf te word. Ek vertel my stories deur die foto’s wat ek neem. Ek doen baie troufoto’s en inkorporeer modefoto’s daarby,” vertel sy terwyl ons in haar woonstel sit en gesels.

“Verlede jaar is ek genomineer vir die Top Vender Wedding Awards in die top opkomende fotograaf kategorie. Ek het dit nie vreeslik ernstig opgeneem nie. Hierdie jaar is ek weer genomineer en het twee kategorieë opgeskuif. Ek is nou in die top professionele troufotograaf-kategorie in Suid-Afrika.”

Die vereistes hiervoor is dat ‘n mens troufoto’s moet neem en ook met trou-blogs en trou-tydskrifte geassosieer word. Vir die groot kompetisie moet jy selfs foto’s in die buiteland neem.

“Sover ons kan vasstel is ek die enigste een in die area wat genomineer is. Enigeen kan inskryf, maar jy kan ook genomineer word. Ek is genomineer nadat organiseerders my raakgesien en gekontak het. Ek het al werk vir ‘n buitelandse blog ook gedoen. Van die grootste tydskrifte in die land is ook al genomineer. Dit is regtig ‘n groot eer.”

Die finale gala-aand vind in Augustus in die Kaap plaas. Die publiek kan vir haar stem of mense soos ontwerpers en haarstiliste saam met wie sy werk, kan ook vir haar stem. Daar is ‘n paar pryse soos ‘n naweek in die Kaap wat gewen kan word.

“Die pryse maak nie vir my saak nie. Dit is om daardie papier teen my muur te hang wat belangrik is. Ek is ook opgelei om boudoir fotografie te doen en is slegs een van drie fotograwe in die dorp wat opgelei is daarvoor.”

Natalie se besigheid se naam is Nyx Photography wat ‘godin van die nag’ beteken. Om vir haar te stem besoek gerus https://www.topvendorweddingawards.co.za/voting2015_photography.html#voting.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button