Editor's choiceLocal NewsNews

Nuwe eetwyse lewer vele suksesverhale in die stad

Review het met Alta Marais gaan gesels oor Banting, 'n eetwyse wat die land behoorlik aan die gons het.

POLOKWANE – Die term ‘dieet’ is vir baie mense ‘n vloekwoord, dieet help tydelik, maar mens moet eintlik jou leefwyse verander indien jy ‘n verskil wil sien. Review het met Alta Marais gaan gesels oor Banting, ‘n eetwyse wat die land behoorlik aan die gons het.

Alta en haar man, Neels, het besluit om met die eetwyse te begin. Sy het oral produkte gesoek, maar nêrens die regtes gekry nie.

“Ek het besluit om self produkte van die Kaap af te koop en dan hier te versprei. Banting is ‘n hoë vet, lae koolhidrate leefwyse. Dit is nie ‘n dieet nie, maar meer ‘n manier van leef. Jou lyf gaan binne ‘n week in ketosis in wat beteken dat hy dan die vet in jou liggaam gebruik om jou energie te gee.”

Sy vertel dat die leefwyse jou nie net gewig laat verloor nie, maar dat jy ook meer energie het. Volgens haar sukkel Neels met cholesterol en dit gaan al baie beter met hom. Hy kry ook nie meer so gereeld sooibrand nie. Mense wat met hartprobleme en diabetes sukkel kan ook by die Banting eetprogram baat.

“Van die produkte wat ons gebruik is regte botter en klapperolie, varkvet en blomkool. Daar is produkte wat suiker vervang wat gesonder is as nagemaakte suiker. Ook is daar Banting-sjokolade beskikbaar. Daar is vooraf gemengde pakke wat ons verkoop waarmee jy brood kan bak, of koek en pannekoek. Jy kan lekker eet én maer word,” sê Alta.

Alta vertel dat die manier van leef vir almal moontlik is as jy net goed beplan. Sy vertel dat hulle hul eie pasta en pizza-basisse maak.

Volgens haar mag jy nie laevet produkte gebruik nie, aangesien die manier wat gebruik word om items om te sit na laevet, baie skadelik is vir jou liggaam.

“Ek het nie die winkel begin om wins te maak nie. Die geld wat ek inkry gebruik ek om te betaal vir ‘n vriend en vriendin se verblyf in Mokopane Ouetehuis.”

Alta Marais vertel sy vind baat by Banting. Foto: Verskaf
Alta Marais vertel sy vind baat by Banting. Foto: Verskaf
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button