POLOKWANE – ‘n Verdagte persoon in die patroleringsgebied van sektorpolisiëring vyf is Woensdagaand deur vyf Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) patrollielede oorrompel toe hy na bewering by ‘n kerk in die area ingebreek het. Die verdagte is aan die polisie oorhandig en ‘n saak van inbraak is oopgemaak.
Terselfdertyd het lede van sektor vyf GPF, wat ook as NUT bekendstaan, saam met sektor vier GPF-lede en die polisie die area gefynkam opsoek na enige ander verdagtes soos deur ‘n sekuriteitsmaatskappy rapporteer.
Hierdie is net die jongste suksesverhaal wat lede van die GPF in die stad vier.
Dit kom nadat daar, volgens NUT-bestuur, was daar oor die afgelope week 10 inbrake by besighede in die stad, 15 inbrake in woonbuurte, 20 inbrake in voertuie en ses gewapende rooftogte.
NUT moedig weereens almal aan om by hulle plaaslike GPF aan te sluit om in samewerking met die polisie misdaad te bekamp.
Karen Botha, woordvoerder van NUT en bemarkingsbestuurder van Savannah Mall, het ‘n beroep gedoen op die gemeenskap om te besef dat die verskeie GPF’s bloot ‘n familie is wat daar is om by te staan in nood waar hulle benodig word.
“Dis belangrik wanneer jy in nood is om te weet daar is mense naby wat jy kan kontak vir bystand. Daar word telkens gewys dat die GPF op verskeie maniere uithelp in noodgevalle en dat hulle werklik ‘n verskil maak in die omgewing wat hulle dien,” het Karen gesê.
Noodnommers in jou area:
• Polisie – 10111.
• NUT – 0606 65 4321.
• Sektor 4 Fauna-/Florapark – 060 852 4947.
• Sektor 2 Bendor – 076 735 7315.
• Eduan Park en Welgelegen/Edwel – 074 163 3935.
• Sektor 8 plotte en plase.
Blok 1: Doornbult hoewes (op die Soetdoringspad) en omliggende areas.
Voorsitter: Piet du Plessis – 082 326 0209.
Westenburg polisie Sektor 4
24-uur noodnommer – 071 048 8953.
Blok 2: Tweefontein hoewes en omliggende areas.
Voorsitter: Ockert Fourie – 081 353 8573.
Polokwane SAP Sektor 6
Blok 3: Dalmada, Myngenoegen en omliggende areas.
Voorsitter: Willem Kern – 076 138 1136.
Polokwane SAP Sektor 6
Blok 4: Leeuwkuil, Percy Fyfe en omliggende areas.
Voorsitter : Arrie Steyn – 082 922 8998.
Westenburg polisie Sektor 5.
Blok 5: Roodepoort, Elmadal, Ysterberg, Wildebeesfontein, Ivydale en omliggende areas.
Voorsitter: Dewald Prinsloo – 082 391 1168.
Westenburg polisie Sektor 5.
Blok 6: Onverwacht en omliggende areas.
Voorsitter: Manie Caroto – 076 689 8493.
Polokwane polisie Sektor 6.
Mass patrol leads to lost boy found by CPF
Rise in daylight robberies




