Bosveld NewsLettersNewsOpinion

Wat word van ons dorp?

DIT is vir my skokkend om daagliks die agteruitgang van ons dorp te beleef, skryf een van Bosveld se lesers in 'n brief.

MOKOPANE – DIT is vir my skokkend om daagliks die agteruitgang van ons dorp te beleef, skryf een van Bosveld se lesers in ‘n brief.

Of dit ‘n stopstraat is wat toegerank is onder plante, of ‘n gevaarlike gat wat net so gelaat is nadat daar aan ‘n waterpyp gewerk is.

Ek kan nie eers meer op my eie sypaadjie loop, sonder die moontlikheid van ‘n besering nie. Dan praat ek nie eers van al die slaggate in die strate nie. Dit is hartverskeurend om ons eens mooie dorp te sien verkrummel!

Die klagtes val net op dowe ore en verrig geen resultate nie. Ek het dieselfde klag nou al drie keer aangemeld binne ‘n tydperk van drie maande en steeds het dit geen vrugte gewerp nie.

Die stopstraat op die hoek van Charl Cilliers- en President Steynstraat is toegerank met plante en op die hoek van H.F Verwoerd- en Pretoriusstraat is daar ‘n vanggat wat gevorm is nadat ‘n waterpyp gebars het.

Die gat is nie weer opgevul nie en indien iemand daarin so val kan hul – hul ernstig beseer.

As jarelange en trotse inwoner van Mokopane hoop ek dat my versoek gehoor sal word.

Groete

Sidney van Trotsenburg

Meriam Molala, community services manager of the Mogalakwena municipality, told Bosveld on Monday morning; “we will immediately attend to the matter, we have not received any letter of complaint from van Trotsenburg, but it is not a problem. We will not hesitate to resolve his concerns. Molala said: “residents can hand in their letters of concerns at the community services offices within the Mogalakwena municipality, as it is their goal to provide comprehensive community services.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button