CrimeNews

Bonnema-gesin beroof op plaas

Op 27 Julie het 'n rustige ete saam met familie in 'n nagmerrie ontaard vir die Bonnema gesin van Levubu.

LOUIS TRICHARDT – Op 27 Julie het ‘n rustige ete saam met familie in ‘n nagmerrie ontaard vir die Bonnema gesin van Levubu.

Jan (62) en Elise (61) Bonnema het Maandagaand ‘n rustige aandete saam met Jan se broer op hulle plaas Beaufort langs Valdezia landgoed in Levubu geniet.

Na die afsien van Bonnema se broer, was hy besig om die plaashek toe te maak toe hy twee mans gewaar wat na die hek storm.

Bonnema het onmiddellik onraad vermoed en na die huis gehardloop volgens Madeleen van den Berg, die Bonnema’s se dogter.

“In die huis het my pa die haelgeweer en my ma ‘n rewolwer gegryp.

“Die twee aanvallers het balaklavas gedra. Op daardie stadium het hulle pangas gebruik om die haelgeweer en pistool af te vat en hulle het my ma en pa beide oor hulle koppe geslaan. My pa het die naaste ding aan hom gegryp, ‘n eetkamer stoel, en hy het die pangas uit hulle hande geslaan asook die rewolwer wat hulle afgeneem het. My ma het die panga weggeskop en die rewolwer opgetel. Die aanvallers het daarna weer die vuurwapens by hulle afgeneem,” vertel van den Berg.

Provinsiale polisiewoordvoerder, kol. Ronel Otto het die voorval bevestig. “Die slagoffers is met messe en pangas aangeval. Een rewolwer en ‘n haelgeweer is gesteel. Geen arrestasie is tot dusver gemaak nie,” sê Otto.

Die Bonnema’s is na die Zoutpansberg privaat hospitaal gehaas waar beide steke vir hul wonde moes kry. Jan se elmboog is ook in die voorval gebreek. Madeleen van den Berg bedank graag die familie, vriende, polisie, plaaswag, BVS Sekuriteit en dr. Badenhorst namens haar ouers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button