Editor's choiceLocal NewsNews

Theo skilder vir die liefde

Theo Coetzee is 'n skilder in die stad wat sy wonderlike talent benut om 'n ekstra inkomste te verdien.

POLOKWANE – Theo Coetzee is ‘n skilder in die stad wat sy wonderlike talent benut om ‘n ekstra inkomste te verdien.

Theo vertel dat hy reeds kleintyd al begin teken het, al was dit meestal net lawwe goed.

“Ek is nog altyd lief vir waterverf en het myself geleer om te skilder. Ek was by Johannesburg tegnikon waar ek saam met ‘n lektor gewerk het en potloodsketse gedoen het.”

Skilder is vir hom ‘n groot liefde, hy vind daagliks inspirasie en kan selde iets mooi sien sonder die begeerte om dit te skilder.

“Ek sien maklik kleure raak. As ek byvoorbeeld rooi sien, dink ek onmiddellik aan groen, sy komplimentêre kleur, saam met dit. Ek verf van prentjies af, maar kombineer verskillende prentjies of sit ‘n ietsie ekstra by,” sê Theo. Theo vertel dat hy sy lewe lank olieverf gebruik het, maar deesdae verf hy met akriel aangesien ‘n mens dit kan los vir ‘n ruk en dan weer aangaan sonder probleme. Sy verfpallet is ook anders as die gewone skilder sin. Dit is ‘n telefoongids wat hy in ‘n plastiek bak sit met ‘n bietjie water. Wanneer die boonste bladsy onbruikbaar raak, skeur hy dit bloot af en gebruik die volgende bladsy.

“Dit neem my tussen ‘n maand en ‘n jaar om ‘n skildery te voltooi, soms selfs langer as dit. Ek werk met sand of sout en het altyd my eie skilderye geraam. My skoondogter se huis sowel as die van my kleinkind hang vol van my skilderye,” sê Theo.

“Die slegste van hierdie werk is om ‘n doek te kry en hy is nog wit, dit is ‘n verskriklike wit. Die lekkerste is as ek nie tevrede is met my werk nie, kan ek oor dit verf. Die eindresultaat is immers wat saak maak.”

Om Theo se werk te besigtig of te koop, kontak hom gerus op 082 315 7265.

 

Tye is finansieel swaar deesdae, met talle inwoners wat dit moeilik vind om werk in die formele sektor te kry. Baie maak ‘n plan om ‘n ekstra inkomste te genereer deur ‘n bepaalde diens aan te bied, of produk te lewer, in die informele sektor (sommer van die huis af). Review ondersteun hierdie pogings van mense wat hand in eie boesem steek en ons plaas graag hulle stories gratis. As jy so ‘n entrepreneur is, of van een weet, stuur ‘n e-pos aan hilda@nmgroup.co.za met ‘n kort beskrywing en kontakbesonderhede. Ons hoor graag van jou.

 

KLEINSAKE: ‘n pienkvoet wat nooit huil nie

SMALL BUSINESS: Mealies- flavour of the week

KLEIN SAKE: Verkoop hout as ekstra inkomste

KLEINSAKE BESIGHEID:Chrissie se lappoppe

Arnold verdien ekstra inkomste met sy heerlike naweekpassie

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button