GalleriesLocal NewsNewsSports galleries
Osies wys hul hokkiestaal
Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se eersteseuns- en eerstemeisieshokkiespanne het op Vrydag, 31 Julie en Saterdag, 1 Augustus deelgeneem aan die Super 12 hokkietoernooi

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se eersteseuns- en eerstemeisieshokkiespanne het op Vrydag, 31 Julie en Saterdag, 1 Augustus deelgeneem aan die Super 12 hokkietoernooi by die Universiteit van Pretoria (Tukssportkampus).
Ander skole wat na die sporttoernooi genooi is, sluit in Mooirivier, Elarduspark en Wierdapark.
Oosskool het algeheel eerste geëindig en deel die beker met Laerskool Mooirivier. Die eerstemeisiesspan het gewen en die eersteseunsspan was derde. Die tweedemeisiesspan was die uitnodigingspan en is na die toernooi genooi om ondervinding op te doen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



