Local NewsNewsSchool sportSport
Osies klop Triegies met 7 paaltjies
Die kolwe het geklap en die paaltjies het geval toe Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) en Laerskool Louis Trichardt mekaar die stryd aangesê het op Oosskool se tuisveld
POLOKWANE – Die kolwe het geklap en die paaltjies het geval toe Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) en Laerskool Louis Trichardt mekaar die stryd aangesê het op Oosskool se tuisveld.
Die skole se o/10-spanne het op Dinsdag, 11 Augustus teen mekaar te staan gekom vir die krieketligawedstryd. Louis Trichardt het eerste gekolf en Oosskool het die voordeel van op hul tuisveld te speel nie verkwansel nie en die paaltjies het vinnig geval met Oosskool se sterk boulaanval.
Oosskool klop Louis Trichardt met sewe paaltjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





