Local NewsNews

KLEINSAKE: Houtkissies vir jou troeteldier se as

At van Staden se unieke stokperdjie help mense om die smart van 'n dooie troeteldier te verwerk.

POLOKWANE – At van Staden se unieke stokperdjie help mense om die smart van ‘n dooie troeteldier te verwerk.

Hy self is baie lief vir diere, asook vir houtwerk. Dit het gelei dat hy in Augustus 2014 begin het om kissies te maak waarin mense die as van hul geliefde diere kan sit.

“Baie mense stel belang in my kissies. Ek maak hulle van hout en mense kan hulle diere se as daarin begrawe.”

Die kissies het ‘n pragtige ontwerp en word met die hand gemaak. Kliënte kan ook kies om kruise aan te koop saam met die kissies waarop hul geliefde troeteldier se naam gegraveer kan word.

“Dit was nie altyd maklik nie,” vertel At. “Ek het in ‘n stadium baie gesukkel om die skarniere in Polokwane te kry wat ek gebruik.”

At gebruik hout wat hy dan tot die regte grootte en dan in ‘n spesifieke vorm sny. Hy behandel ook die hout om waterdig te wees.

At verkoop tans sy handewerk by ‘n stokperdjiewinkel in die stad. Hy verkoop nie slegs kiste nie, maar ook juwelekissies, spieëls en handdoekreëlings.

“Die publiek kan by hierdie stokperdjie winkel, Kreatief.com, van die kissies koop of by my persoonlik. My kissies kos omtrent R220 en die juwelekissies kos R480, of R400 as jy direk by my aankoop.”

Belangstellendes kan At van Staden kontak by 082 553 7075 vir verdere navrae.

Lees meer:

KLEINSAKE ONDERNEMING: Hou(t) die tyd dop

Theo skilder vir die liefde

KLEINSAKE: ‘n pienkvoet wat nooit huil nie

SMALL BUSINESS: Mealies- flavour of the week

KLEIN SAKE: Verkoop hout as ekstra inkomste

KLEINSAKE BESIGHEID:Chrissie se lappoppe

Arnold verdien ekstra inkomste met sy heerlike naweekpassie

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button