Local NewsNewsSport

Blink idee word in winkel omskep

'n Passie vir sport gee leerders dikwels die inspirasie om ander sportgeesdriftiges ook te help.

LOUIS TRICHARDT – ‘n Passie vir sport gee leerders dikwels die inspirasie om ander sportgeesdriftiges ook te help.

Franco Knoetzé, onderhoofseun en eerstespanrugbykaptein van Laerskool Louis Trichardt, het besluit om ‘n tweedehandsesporttoerustingwinkel oop te maak waar leerders hulle nodige toerusting teen ‘n goedkoper prys kan aankoop. Dit gaan meer kinders aanmoedig om aan sport deel te neem omdat hulle ouers nie sal nodig hê om splinternuwe, peperduur toerusting aan te koop nie.

“Ek dink daar is baie kinders wat nie aan sport deelneem nie omdat hulle nie die regte toerusting het nie,” verduidelik Franco.

Vir Franco is sport een van die lekkerste skoolaktiwiteite wat enige leerder aan kan deelneem. Daarom was dit vir hom so belangrik dat ander leerders ook die geleentheid kan hê om die wonders en plesier van sport te ondervind.

Franco het ‘n onderwyser by die skool, Greg Stewart, genader met sy idee vir die toerustingwinkel waarna die skool ingestem het omdat die idee ook by hulle aanklank gevind het.

“Sporttoerusting is duur en dit is nie nodig om dit splinternuut aan te koop nie, daarom verkoop ons tweedehandse sporttoerusting teen baie billike pryse sodat almal kan deel wees,” sê Franco.

Franco vra ook vir skenkings van ou toerusting aan die winkel, daardie kolf of hokkiestok wat in jou kind se kas lê en stof opgaar kan die wêreld beteken vir iemand anders.

Indien daar enige navrae oor die sporttoerusting winkel is, kan mense gerus met Franco by die skool gaan gesels.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button