CrimeNews

Polisie: Nog geen arrestasies in LTT rooftog

n Man is by die deur van 'n bekende bank oorval en gewond tydens 'n rooftog Maandagoggend.

LOUIS TRICHARDT – ‘n Man is by die deur van ‘n bekende bank oorval en gewond tydens ‘n rooftog Maandagoggend.

Volgens kol. Ronél Otto, provinsiale woordvoerder van die polisie, was die slagoffer klaarblyklik op pad om by die bank te gaan geld deponeer.

“Hy is by die deur van die bank oorval en in die been geskiet deur twee verdagtes. Die verdagtes het die sak geld geneem en gevlug. In hierdie stadium is ons nog nie seker van die totale bedrag wat gebuit is nie,” sê Otto.

Volgens Otto het een van die speurders op die verdagtes se voertuig losgebrand en ‘n band getref, maar ondanks dit het hulle steeds weggekom.

Teen Dinsdagoggend het Otto bevestig dat nog geen arrestasies gemaak is nie.

Indien enigiemand informasie het oor die voorval, kan hulle die Makhado polisiestasie skakel by (015) 519 4300.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button