Kry jou kersgekenke die jaar by VPG
Daar is 'n verskeidenheid handgemaakte produkte by Eeufeeshuis en die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (VPG) beskikbaar soos hout Kersbome, kissies
POLOKWANE – Hier en daar word Kersversierings reeds by die winkels uitgepak en sommige mense tel al die dae tot Kersdag af.
Ook by Eeufeeshuis en die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (VPG) word daar reeds gewerskaf om items te maak wat verkoop kan word as Kersgeskenke.
Daar is ‘n verskeidenheid handgemaakte produkte beskikbaar soos hout Kersbome, kissies en ook tuinstelle wat van palisade-yster gemaak word. “Ons herwin palette om die geskenke te maak,” vertel Johannes Pretorius wat help om die kersbome te maak.
Die items is beskikbaar teen baie billike pryse.
Besoek gerus die Eeufeeshuis by Pafuri Rylaan 1 en vul jou Kerskouse met hierdie handgemaakte winskopies.




