Bosveld NewsNews

Opleidingsentrum spog met nuwe eienaars

Northern Computer Training Centre in Van Riebeeckstraat agter die Methodiste-kerk spog met nuwe eienaars.

MOKOPANE – Northern Computer Training Centre in Van Riebeeckstraat agter die Methodiste-kerk spog met nuwe eienaars.
Dr. L.M. Grobler en sy vrou, Linda het die sentrum oorgeneem.
Dié gewilde opleidings-sentrum spesialiseer in inligtingstegnologie-produkte.
Inwoners wat kort kursusse in Microsoft produkte, vaardighede met ICDL, asook met Pastel wil volg kan gerus van hulle laat hoor. Die klaskamer kan 11 studente huisves en elke student word met die nodige studiemateriaal toegerus.
Die sentrum is geakkrediteer by Isett, Seta en ICDL en is ‘n geregistreerde Pastel opleidingsentrum. Daar is ook veilige parkering. Linda Grobler en Annelie Reinecke, ‘n dosent, is opgewonde oor die nuwe uitdaging.
Kontak Annelie (015) 491 5354.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button