Bosveld NewsNews

Potties Besproeiing is in hul bloed

Potties Besproeiing is amptelik op 1 Maart 1989 deur Neels en Lynette Myburgh in Potgietersrus, nou Mokopane, geopen nadat hulle reeds die besproeiingsbedryf in 1978 betree het.

MOKOPANE – Potties Besproeiing is amptelik op 1 Maart 1989 deur Neels en Lynette Myburgh in Potgietersrus, nou Mokopane, geopen nadat hulle reeds die besproeiingsbedryf in 1978 betree het.

Saam het hulle ‘n gedugte span gevorm met Neels aan die stuur van die besproeiings aspek in terme van die teoretiese, praktiese en tegnologiese bedrywe en Lynette het gesorg dat die administrasie glad verloop.

Oorspronklik het hulle met slegs vier werknemers begin.

Van 1990 lei Neels jong studente op tydens hul praktiese termyn.

Neels het seker gemaak dat hulle alle aspekte van die besproeiingswese leer, ervaar en die nodige kennis en ondervinding opdoen.

Van die studente word permanent aangestel waar hulle dan vir ongeveer 10 jaar deel word van die span.

Teen 1992 het die besigheid drasties gegroei waarna hulle die wyse besluit geneem het om ‘n Beslote Koöperasie (BK) te stig met hulle as die direkteure.

Die jaar 2000 was ‘n jaar vol hoogtepunte.

Potties Besrpoeiing het 17 werknemers in diens gehad, waaronder twee spanne veldwerk, stelsels en boorgat toetse gedoen het.

Neels en Lynette het ook in 2000 vir hulle ‘n stukkie grond 25 km buite Mokopane gekoop.

Saam het hulle in 2006 besluit om die besigheid na hul plaas te skuif en met hul jarelange ondervinding is die groot stap binne ‘n japtrap suksesvol voltooi.

Die bedryf is in die Myburgh bloed.

In 2010 het Neels junior by die gedugte span aangesluit en sy kennis in ingeneurswerke toegepas. Neels gebruik tans sy draaibank en toerusting vir enige modifikasies, ontwerp en bou van besproeiings onderdele. Potties Besproeiing lewer dienste aan kliënte landswyd as ook in Mosambiek en Botswana.

Potties Besproeiing se jarelange ondervinding, kennis, opregte raad en eerlike besigheidsetiket loop hulle naam vooruit in die veld.

Tans het Neels senior 37 jaar ondervinding en kennis wat nou oorgedra word aan Neels junior. Kliënte kan dus met ‘n geruste hart Potties Besproeiing kontak vir enige tegniese raad of navrae.

Puik diens is hul nommer een doelwit en dié span is toegewyd om ten alle tye die korrekte en akkurate inligting aan hul kliënte te verskaf.

Hulle is ook toegewyd om na-verkope diens te lewer.

“Ons bedank ons kliënte vir hul lojale ondersteuning gedurende die jaar en ons wens hulle ‘n geseënde Kerstyd en voorspoedige nuwe jaar toe,” sê die Potties Besproeiingspan.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button