Bosveld NewsNews

DA raadslid Yolandé Coetzee: Sy wys met dade waar haar hart is

Dit was senutergend maar ek het geweet die DA gaan die tussenverkiesing in Wyk 32 wen, sê Yolandé Coetzee, nuwe DA raadslid van dié wyk.

MOKOPANE – Dit was senutergend maar ek het geweet die DA gaan die tussenverkiesing in Wyk 32 wen, sê Yolandé Coetzee, nuwe DA raadslid van dié wyk.

Coetzee is nie ‘n oomblik spyt oor die nuwe rigting wat haar lewe ingeslaan het nie. “Die DA het uitstekend by die stembusse gevaar en ek is dankbaar. Ek werk klaar volstoom in die wyk en geniet elke oomblik.”

Wyk 32 bly in DA besit na die tussenverkiesing wat verlede Woensdag gehou is. Die DA het die wyk met 597 stemme gebuit met die Vryheidsfront Plus kort op sy hakke met 439 stemme. Die ANC het 338 stemme gekry en daar was net drie bedorwe stembriewe. Coetzee wys daarop dat die tussenverkiesing se uitslae nie vergelyk moet word met die uitslae van 2011 se provinsiale verkiesing nie. Sy is nou die nuwe raadswyklid nadat Marcelle Maritz vroeër vanjaar die DA verlaat het en by die Vryheidsfront Plus aangesluit het.

“Ek is nog nie een oomblik spyt oor my betrokkenheid by die DA nie. Ek gaan deurdruk en verkies om hier op plaaslike bodem te werk. Ek is half vier vanoggend gekontak oor straatligte wat nie werk nie. So dit was vroeg opstaan, maar dit gee my ‘n groot tevredenheid waar ek sien dinge is reggemaak wat ek rapporteer het.”

Yolandé beaam sy is so besig dat sy nie heeldag tyd het om op Facebook te sit nie want hier is baie werk wat aandag moet kry. Sy sê om raadslid te wees is ook nie altyd ‘n “wow job” nie. Sy het nooit besef hier is ook so baie negatiewe mense op die dorp nie. “Hier is vyandiggesindes, maar dit gaan al beter as in die begin en ek gaan deurdruk want ek gee om. Die DA se omgeeprojek werp tans goeie vrugte af waar daar aandag gegee word aan die behoeftige seniors en herstelwerk word gedoen by hulle huise. “Ons het 14 geysers vervang, talle krane herstel en help self om die gras te sny.”

Weens haar betrokkenheid as sekretaresse by die sakekamer het sy die afgelope tien jaar insae gehad oor wat by die munisipaliteit gebeur, maar nou het sy “effens gesag” en dit help.

Wat het haar die afgelope tyd die meeste vreugde verskaf? “Ek het vir ‘n oom wat verjaar het ‘n koek gevat. Hy het nie meer kind of kraai nie en ek sal nooit daardie uitdrukking op sy gesig vergeet nie.”

Coetzee vertel haar man, Christo, is haar grootste ondersteuner en hy is baie trots op dit wat sy uitrig. “Hy help saans kos maak en om na ons twee kinders om te sien. Die kinders kan al ‘n behoorlike DA danspassie uitvoer. My familie is trots op my.”

Sy glo daaraan om meer waarde aan dade te heg as aan woorde. Haar boodskap aan Wyk 32 se inwoners is dus: ” kom ons bou vorentoe en vergeet die verlede. Kom ons verdra mekaar en bou saam aan die dorp”.

Sy wys daarop dat daar 32 raadslede in Mokgalakwena is, waarvan ses van die DA. Enigeen wat wil weet wie die raadslid in sy wyk is, kan haar gerus by 079 2737986 kontak.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button