CrimeNews

Twee rowers teiken LTT drankwinkel

Volgens Makhado polisiewoordvoerder, konst. Irene Radzilane is daar nog geen arrestasies gemaak in verband met die onlangse rooftog by Liquor Zone in Louis Trichardt nie.

LOUIS TRICHARDT – Volgens Makhado polisiewoordvoerder, konst. Irene Radzilane is daar nog geen arrestasies gemaak in verband met die onlangse rooftog by Liquor Zone in Louis Trichardt nie.

Vrydagaand was Rita van Rensburg (een van die eienaars) en ‘n werknemer alleen by die winkel.

Sy verduidelik dat daar ‘n klant in die winkel was toe die twee gewapende mans die winkel binnekom en die deure agter hulle toegemaak het.

Nadat die een verdagte vir almal in die winkel gesê om op die vloer te lê het hy agter die toonbank ingegaan en my handsak leeggemaak.

“Hy het ook al die sigarette wat in die kas agter die toonbank was gevat, my man se pistool asook al die kontant van die dag se verkope uit die kasregister,” sê Rita.

Voordat die twee verdagtes by die winkel uit is het hulle volgens Rita haar werknemer in die gesig geskop.

Volgens konst. Radzilane het die mans  weggekom met kontant, ‘n selfoon en ‘n pistool.

“Daar was geen skote afgevuur nie en niemand is ernstig beseer nie. Verdere ondersoek word ingestel,” sê Radzilane.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button