NewsSchools

Grootskool wink vir kleuters

Groot opgewondenheid het Vrydagoggend by Noordjieland Kleuterskool geheers toe 150 kleuters van kleuterskool na laerskool ‘gegradueer’ het. Ouers, familie en vriende het op die skool se speelterrein ontspan terwyl die ‘grade’ tydens ‘n heerlike onspanne geleentheid toegeken is. Die kleuters het ook die gehoor met ‘n verskeidenheid optredes te vermaak. Skoolhoof Noeline Jordaan het gesê …

Groot opgewondenheid het Vrydagoggend by Noordjieland Kleuterskool geheers toe 150 kleuters van kleuterskool na laerskool ‘gegradueer’ het.
Ouers, familie en vriende het op die skool se speelterrein ontspan terwyl die ‘grade’ tydens ‘n heerlike onspanne geleentheid toegeken is. Die kleuters het ook die gehoor met ‘n verskeidenheid optredes te vermaak.
Skoolhoof Noeline Jordaan het gesê dat die funksie gedurende skoolure gereël is omdat die kleuters en hul ouers in die aande en oor naweke tuis wil ontspan. Ná die verrigtinge het meer as een klasonderwyser met ‘n traan in die oog afskeid geneem van die kleuters en Magdel Lee, klasonderwyser van die Skoenlapperklas, het die maats en hul ouers by die skool se hek afgesien.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button