CrimeNews

Besigheidinbraak: 2 verdagtes geïdentifiseer op sekuriteitskamera

Bidvest Waltons Polokwane ly duisende rande se skade na 'n inbraak by die besigheid Saterdagaand om middernag.

POLOKWANE – Bidvest Waltons Polokwane ly duisende rande se skade na ‘n inbraak by die besigheid Saterdagaand om middernag.

Daar word twee verdagtes geïdentifiseer op die winkel se sekuriteitskamera opname.

Die rowers het ‘n gedeelte van die dak oopgebreek en só toegang tot die perseel gekry. Na die rowers dit wat hul wou hê geneem het, het hulle een van die vensters gebreek en gevlug.

Bidvest Waltons Polokwane se bestuurder, Marnus Botha, sê die verdagtes het die sekuriteitstelsel gebrand met koerantpapier.

“Hulle het in die proses ons data- en telefoonkabels ook beskadig. Hulle het drie rekenaars en verskeie voorraad geneem. Ons is nog besig om te bereken hoe groot die skade is, maar sover lyk dit asof dit meer as R100 000 is, uitsluitend die data- en telefoonkabels wat vervang moet word. Ons moes ook die winkel se deur sluit vir ‘n dag omdat ons netwerkkabels en rekenaars gesteel is, so dit is ook nog ‘n verlies,” verduidelik Botha.

Volgens Botha het ‘n vriend van hom verby die winkel gery en opgemerk dat een van die vensters gebreek is.

“My vriend het my gebel om te hoor of ek weet van die gebreekte venster en dis hoe ons op die inbraak afgekom het. Ek het die sekuriteitsfirma gebel en hulle het bevestig dat die alarm vroeër afgegaan het, maar toe hulle om die perseel soek was daar niemand nie en die venster was ook nie gebreek nie,” vertel Botha.

Hy voeg by dat hulle ‘n saak geopen het by die Polokwane polisiestasie.

Kapt. Ntobeng Phala, Polokwane polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ‘n besigheidsinbraak ondersoek.

Niemand is sover in verband met die inbraak aangekeer nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button