Bosveld NewsNews

2015 se lief en leed

Dit was 'n jaar van stakings, protesoptogte, talle motorongelukke, rooftogte, inbrake en politieke bekgevegte.

MOKOPANE – Dit was ‘n jaar van stakings, protesoptogte, talle motorongelukke, rooftogte, inbrake en politieke bekgevegte.

Nuus is deel van enige gemeenskap en hier in Mokopane was daar weekliks oorgenoeg gebeure wat Bosveld Review met die gemeenskap kon deel.

Hier is van die hoogtepunte.Here are some of the highlights:

Januarie/January: The Mogalakwena Municipality is paralysed by political infighting between councillors.

Talle nuwe gr 1’s begin hul skoolloopbaan en daar was ook diegene wat hul eerste tree in die hoërskool gee.

Die boere van die omgewing laat weet hulle is dankbaar vir ‘n goeie reënvalseisoen.

Die matrikulante kry hulle uitslae en Jan Gerhard Venter van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) raap 11 onderskeidings op.

DA leader, Mmusi Maimane, met with residents affected with the ongoing struggle at the Mogalakwena Municipality.

Februarie/February: Bullets were flying in Mahwereleng when the police prevented residents to attend a gathering at the Piet Pale Stadium.

Drie gebreekte waterpompe by die Doorndraaidam laat die dorp sonder water.

The Minister of Cooperative Governance and Traditional affairs (Cogta), Pravin Gordhan and Makoma Makhurupetje, MEC for Cooperative Governance, Human Settlements and Traditional affairs (Coghsta) visited the Mogalakwena Municipality to address the ongoing struggle at the municipality.

DA councillor. Thapelo Pooe, was assaulted by five unidentified men in Mahwereleng.

The top schools, teachers and learners of the Mokopane education circuit have been awarded for their achievements in 2014.

Die Monument Piet Potgieter ouetehuis se inwoners steek vreugdevol 50 kerse aan om hul 50ste bestaansjaar te herdenk.

Residents and social organisations from Mokopane and surrounding areas, which were affected by Ivanhoe’s new mine, Ivanplats, formerly known as Platreef, made their demands during a peaceful march led by the Mogalakwena Residents Association.

Die eiendomsmark kry ‘n hupstoot met die mynbedrywighede en huurders en kopers word daarop gewys dat eiendom se pryse gaan klim.

Maart/March: Die DBV is op sy knieë en sukkel om geldelik kop bo water te hou.

Die bekende veearts op die dorp, dr. Ferdi Bingle, lê die leisels neer na jare se diens aan die gemeenskap.

Die Kierieklapperfeeskomitee maak reg vir ‘n wenfees.

Die veedief, Tinus Groenewald, word gevonnis.

Die Mokopane Sakekamer kies sy bestuur en Piet de Bruyn word weer gekies as president met Andy Goetsche as adjunk.

Die dorp se inwoners herdenk die krusiging en opstanding van Jesus met ‘n paasoptog deur die strate.

Aslam Motala, owner of Motala Hardware store was shot and robbed outside his store.

April: Taxi wars hot up in the area. Charles Mgidi was shot in his chest and rushed to hospital were he died a few days after Sello Gideon Fatana was killed.

The Mogalakwena Municipality in cooperation with the Mogalakwena Mine launched the 2015 Easter Road Safety campaign.

The three suspects for the murder of Mgidi awaits to hear if they will be granted bail in the Mokopane Magistrate’s Court.

Mei/May: Daar is groot onmin in DA geledere en Marcelle Maritz is midde in die spervuur glo omdat sy die rassisties “k”-woord gebruik het.

Die Mokopane Sakekamer hou ‘n swierige Gatsby-aand waar hy van sy lede beloon.

Mokopane en Mookgophong se water is skoon sê die burgerorganisasie, Afriforum in sy Limpopo Blou- en Groendruppel verslag.

Die Piet Potgieter ouetehuis hou sy jaarlikse Veteraanmotorskou en Jan Braai is ook daar.

Junie/June: Mokopane will have a new mayor as Tlhalefi Mashamaite packs his bags.

Die omgewingsimpakstudie van Sylvania Platinum om in die Nylsvlei te myn is vir eers deur Limpopo se Department van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewingsake en Toerisme (Ledet) geweier.

Former Municipal Manager at the Lephalale Municipality, Malasela Parks Sebatjane, is the new mayor of Mokopane.

Julie/July: Die selfmoord van ‘n tienermeisie kort nadat haar neef ook selfmoord gepleeg het, ruk die gemeenskap.

The appeal by the three suspects in the Mgidi murder case against the decision not to grant them bail was denied in the Polokwane High Court.

The Mokopane Police Station boasts a new and highly qualified station commander, Col. Siringa Patrick Makhubele.

A fraudulent transaction costs the Mogalakwena Municipality a loss of R5, 57 million.

With the cold of the winter months swine flu is a reality in Mokopane and several cases have been reported.

Ds. Bernard Rademeyer tree uit na 33 jaar agter die preekstoel van die N.G. Moedergemeente.

The accused in the Fantana murder case were refused bail in the Mokopane Magistrate’s Court. Fantana, a taxi-owner was shot and killed on 27 March in front of his house.

‘n Familie van ses is haweloos nadat hulle woonhuis in die Zebediela Citrus landgoed buite die dorp afgebrand het.

Augustus/August: Ivanplats se mynbedrywighede is ‘n enorme projek en die myn doen ‘n voorlegging aan die lede van die Mokopane Sakekamer oor sy planne.

A family house of seven in Sekgakgapeng burned down and left them only with the clothes on their back. Four of the six suspects in connection with a series of filling station robberies appeared in the Mokopane’s Magistrate’s Court.

Mogalakwena Mayor addressed an audience at the Park Hotel during his State of Municipality Address.

Special Operations Solutions (SOS) in cooperation with the police arrested two suspects for the possession of drugs and one for pirating DVD’s.

Die Kierieklapperkunstefees skop af met sowat 23 000 feesgangers.

September: Die DA raadslid, Marcelle Maritz, stap oor na die Vryheidsfront Plus. Sy word die VF+ se hooforganiseerder in Limpopo.

Potestors who were arrested during the protest against Anglo American’s Mogalakwena Mine appeared in the Mokerong Magistrate’s Court.

Die jaarlikse Cancervive-veldtog om mense bewus te maak van kanker maak ‘n draai op die dorp.

Die gewilde kuierkroeg, Rattle Cage word in n verwoestende brand in puin gelê.

Die Piet Potgieter ouetehuis vier sy 50ste bestaansjaar en ‘n gedenkplaat word onthul.

Die land is aan die praat oor die Springbokke se loesing teen die Japanese en die dorp se rugbykenners sê wat hulle dink.

Oktober/October: Murder, illegal possesion of fire-arms and ammunition as well as robberies at non-residential premises are the three crimes most committed in Mokopane according to the latest crime statistics released by the South African Police Services.

Die CV-skool Potgietersrus hou ‘n swierige matriekafskeid met Franse flair vir sy matrikulante.

HPP se matrieks pronk op die rooi tapyt tydens hulle matriekafskeid. Skoolhoof Jas Hansen is die metgesel van een van die meisies en sorg vir ‘n staande ovasie.

Hoërskool Hans Strijdom se matrieks spog in hulle beste klere tydens hulle afskeid vir ‘n era van vere en kruisbande.

Die DA wys Yolandé Coetzee as sy nuwe kandidaat aan in die plek van Maritz aan wat oorgeloop het na die VF+.

Twee geliefde inwoners, Frikkie Meyer en Pieter de Beer, sterf in ‘n motorongluk.

A veldfire fighter died while raging wild fires in Limpopo destroyed more than 70 000 hectares of land.

November: ‘n Familiedag word gehou om fondse vir die jong kankerlyer, Hekkie Grobler (12) in te samel.

‘n Bejaarde egpaar van Mokopane word beseer na ‘n fratsongeluk sowat 2 km voor die Zebediela-tolhek. Bosveld gee ‘n spesiale bylaag uit oor skoolhoof Jas Hansen wat na 41 jaar die leisels einde November neerlê.

Die baie plaasmoorde laat Afriforum sy vuiste bal en daar word gekyk hoe sake hier in die omgewing lyk.

Verbruikers word gemaan dat vleis- en groentepryse skerp gaan styg oor die feestyd met die erge droogte en toename in vee- en wilddiefstal.

Die verskeie skole in Mokopane beloon hulle akademiese, kultuur en sport uitblinkers.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+ , besoek die dorp en Marcelle Maritz vertel ook vir die gehoor hoekom sy die DA verlaat het.

More than 500 residents of Mosessetjane Village blocked off roads in an attempt to voice there anger regards to the lack of water in their village for the past 10 years.

Die Piet Potgieter ouetehuis hou sy jaarlikse Brille en Pille fondsinsameling.

The three daughters of a well-known businessman were detained and treatened with a fire-arm during an armed robbery in their house.

Op 18 November word ‘n tussenverkiesing in Wyk 32 gehou en die DA wen.

‘n Gesin van Kameeldoringpark word by hulle huis aangehou en beroof.

‘n Geliefde jong inwoner en ma van ‘n klein seuntjie, Ada Deacon (21) sterf in ‘n motorongeluk. ‘n Bekende inwoner en oud-boer, Graaf Genis, verloor sy stryd teen kanker.

Skoolhoof Jas Hansen tree na 41 jaar in die onderwys uit.

Desember/December: ‘n Tragiese ongeluk in Thabo Mbekistraat eis die lewe van Niels Frölich (49).

Trial dates for the Mgidi and Fantana murder cases have been set for 2016 in the Polokwane High Court.

The Mogalakwena Municipality was brought to a complete standstill after municipal employees raised their concerns to the management in a peaceful gathering on the premises.

Another family was the fourth target of armed robbery in less than two months. Die gemeenskap in Limpopo is in rou gedompel na die gru-plaasaanval waarin ‘n bejaarde egpaar op hul plaas buite Modimolle vermoor is.

A G-4S Cash Solutions vehicle was the target of a cash-in-heist.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button