Bosveld NewsNews

Swaar tye wag as dit nie reën – Potgietersrus Distriklandbou-unie

Die droogte is besig om sy tol te eis en talle boere raak van hul vee ontslae en kan nie kos voorsien nie, want voer is duur.

MOKOPANE – Die reën bly weg en die boere in die omgewing kry swaar, sê Ockert Scherman, voorsitter van die Potgietersrus Distriklandbou-unie.

Die droogte is besig om sy tol te eis en talle boere raak van hul vee ontslae en kan nie kos voorsien nie, want voer is duur.

Hy meen die hele ekonomie gaan groot skade lei sou die droogte bly voortduur.

“Spuit en dipstof is duur en baie boere kan nie meer die broodnodige bakkie koop wat hul nodig het vir hulle boerdery nie.

“Dit is nie net die boere nie, maar ieder en elk wie se sakke en beursies geraak word deur die voortslepende droogte,” sê Scherman wat in die Elders-omgewing boer.

Boorgatte se watervlakke sak of droog op en as die droogte aanhou gaan dit uitkring na almal van ons, sê Hendrik Botha wat in Roedtan-suid boer.

“Ek het in die vakansie deur die Vrystaat gery en dan sien ‘n mens hoe erg die droogte werklik is.

“Hoewel van die boere in my omgewing einde Oktober verlede jaar bietjie reën gehad het, moet 90 % van hulle nog plant en ‘n mens kan net aan jou geloof vashou en glo die groot water is oppad.”

Die droogte veroorsaak reeds dat boere van hul vee ontslae moet raak. As dit so voortgaan, gaan baie boere sonder ‘n inkomste sit en die regering sal moet help. Veediefstal gaan ook toeneem.

Botha sê sou hongersnood die land tref, wat nie al voorheen gebeur het nie, sal die regering daadwerklik moet ingryp.

Hy hoop net diegene in regeringskringe sal oor die vermoë beskik om die situasie in te sien want dit gaan almal raak nie net die boer nie, maar ook die verbruiker.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button