Bosveld NewsCrimeNews

Verdagtes vasgetrek na erge plaasaanval

"Ons het ons byna lam geskrik en sonder ophou kliphard gebid vir God se wakende hand oor ons terwyl ons aangerand en gedreig is."

MOKOPANE – Nico Muller (68) en sy vrou Annetjie (66) is Sondagoggend deur drie gewapende verdagtes op hulle plaas van oor die 14 jaar, Klip-put, sowat 23 km buite Mookgophong oorval.

“Ons het ons byna lam geskrik en sonder ophou kliphard gebid vir God se wakende hand oor ons terwyl ons aangerand en gedreig is.”

Muller verduidelik aan Bosveld wat gebeur het

Muller vertel hy het om 07:00 die kalf gaan melk gee toe drie verdagtes hom in die huis in gevolg het en hom ‘n geweldige klap oor sy neus gegee het, waarna hulle hom vasgebind het.

“Hulle het vir Annetjie in die gesig geslaan, ‘n bos van haar hare afgesny, haar in die rug geskop en vasgebind. Saam het ons kliphard vir God se beskerming gebid, maar die verdagtes het nie daarvan gehou nie en ons geskop en geslaan,” sê Muller bedroef.

Hy vertel verder, die een verdagte was gewapen met ‘n pistool en die ander twee verdagtes het messe gehad. Hulle het vermoedelik in die motorhuis weggekruip en hom die oggend ingewag.

Die verdagtes het binne ‘n uur die huis geplunder en toe per voet gevlug met Nico se pistool en kontant.

“Teen 08:10 het die booswigte die hasepad in geslaan en kon ons onsself los wurm en oor die radio om hulp roep. Meer as 50 boere, die Heritage Protection Group (HPG) Spoorsnyers en die plaaslike polisie het ons te hulp gesnel.”

Annetjie is per ambulans na die Zuid-Afrikaans Hospitaal in Pretoria gehaas en sterk tans daar aan. Sy het onder meer ‘n gebreekte rib.

Volgens ‘n verklaring van die HPG Spoorsnyers het hulle vinnig tot aksie gespring en begin spoorsny, terwyl die plaaslike boere die paaie afgekamp het en twee helikopters en ‘n vastevlerkvliegtuig die area vanuit die lug gefynkam het.

“Omstreeks 12:00 het een van die helikoptervlieëniers die verdagtes onder ‘n bos gewaar. Ons het inbeweeg en skote is van beide kante gevuur. Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie, en die verdagtes is vasgetrek en aan die Mookgophong speurders oorhandig,” lees die verklaring.

 

AO George Ledwaba, woordvoerder van die Mookgophong polisie, sê die verdagtes het Dinsdag in die Mookgophong Landroshof verskyn en die saak is uitgestel tot 18 Januarie waar hulle in die streekhof van die Mokopane Landroshof sal verskyn.”

Nico Muller se pistool en kontant wat deur drie gewapende verdagtes op Muller  se plaas buite Mookgophong Sondagoggend gebuit is, is opgespoor nadat die verdagtes vasgetrek is.
Nico Muller se pistool en kontant wat deur drie gewapende verdagtes op Muller se plaas buite Mookgophong Sondagoggend gebuit is, is opgespoor nadat die verdagtes vasgetrek is.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button