Bosveld NewsNews

HH-studiefonds verbreed Christel se horisonne

Helpende Hand se Potgietersrus-tak het vanjaar vir die eerste keer 'n Mokopane Noodforum studiefonds toegeken om 'n student met haar studies te help.

MOKOPANE – Helpende Hand se Potgietersrus-tak het vanjaar vir die eerste keer ‘n Mokopane Noodforum studiefonds toegeken om ‘n student met haar studies te help.

Christel van Eeden, ‘n derde-jaar student wat natuurbestuur aan die TVET kollege in Lephalale studeer, is die eerste gelukkige student wat by die studiefonds gaan baat.

In Limpopo het bykans al Helpende Hand se takke ‘n studiefonds gestig en is R404 000 bewillig om 21 studente by te staan met hulle studies.

Die Mokopane Noodforum studiefonds is verlede jaar op die been gebring. Dit is in lyn met die Solidariteit Beweging se toekomsplanne om deur selfdoen-aksies ‘n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak.

Solidariteit Helpende Hand se takke kan oor die afgelope vier jaar terug kyk en bevestig dat hulle deur middel van die stig van 85 studiefondse alreeds ‘n reuse bydrae tot hierdie visie gemaak het.

Flip Buys, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand, sê daar kan nie op die staat vertrou word om ‘n toekoms te skep nie.

“Ons moet self verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.

“Studiehulp is nie net ‘n besigheidstransaksie tussen studente en gemeenskappe nie, maar ‘n emosionele band tussen lede van ‘n gemeenskap.

“Die verskeie takke van Helpende Hand glo in die studiefondse en hulle werk elke dag om te verseker dat armoede voorkom, verlig en verbreed word en kinders se drome ‘n werklikheid word.”

Enigeen wat wil help sodat daar aanstaande jaar weer ‘n student gehelp kan word, kan Hendriëtte Williams, voorsitter van Helpende Hand se Mokopane tak, kontak by 084 836 0005 of Eulogia de Wet, projekbestuurder van die Noodforum, by (015) 491 2506.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button