Man onder brug skrop wéér nes
Die plakker wat bekend was as "die man onder die brug" is na 'n gespook en 'n hofbevel in 2013, nou wéér terug onder die brug.
MOKOPANE – Die plakker wat bekend was as “die man onder die brug” is na ‘n gespook en ‘n hofbevel in 2013, nou wéér terug onder die brug.
Volgens Marcelle Maritz, hooforganiseerder van die Vryheidsfront Plus in Limpopo, het inwoners en die Valke buurtwag haar verlede Woensdag van sy terugkeer onder die brug in Pretoriusstraat laat weet.
Thebane Khumalo (die man onder die brug) het in die verlede skade veroorsaak deur waardevolle ou bome te vewoes.
Maritz sê hy is agressief en het ‘n vorige keer ‘n voertuig van een van die raadslede met klippe bestook.
‘n Berig van 2013 in die Bosveld Review lees: “Ondanks sowat nege sake teen die plakker oor ‘n tydperk van vier jaar, waarvan twee onttrek was, is daar nou behoorlike prosedures gevolg om vir goed van hom ontslae te wees.
“Hy is Sondag (29 November 2013) in hegtenis geneem op ‘n klag van minagting van die hof.”
Maritz vertel verder dat sy nie sy terugkeer na twee jaar verwelkom nie en dat sy reeds besig is om met ‘n lid van korporatiewe dienste by die Mogalakwena Munisipaliteit te gesels rakende ‘n hofbevel om hom deur die plaaslike polisie te laat verwyder.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za



