NewsSchools

Van groentjie tot volwaardige Tommie

Terwyl oriëntering by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé nie vir alle groentjies ‘n aangename ervaring is nie, is dit volgens die meerderheid die beste manier om hul hoërskoolloopbane te begin. Tommies se tradisionele oriëntering is aan die einde van die eerste skoolweek afgehandel nadat die verteenwoordigende leerderraad (VLR) byna ‘n hele week saam met die …

Terwyl oriëntering by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé nie vir alle groentjies ‘n aangename ervaring is nie, is dit volgens die meerderheid die beste manier om hul hoërskoolloopbane te begin.
Tommies se tradisionele oriëntering is aan die einde van die eerste skoolweek afgehandel nadat die verteenwoordigende leerderraad (VLR) byna ‘n hele week saam met die graad 8-groep deurgebring het sodat die nuwelinge uiteindelik as volwaardige Tommies ingelyf kon word.
Die graad 8-leerders het die skoollied geleer en is oor die etiese kodes van die skool touwys gemaak. Donderdag het hulle die gewilde moddergat en hindernisbaan aangedurf waarna hulle Vrydagoggend by Tom Naudé se graf in die Polokwane Wildreservaat amptelik ingelyf is.
Tydens die inlywing word elke graad 8-leerder persoonlik deur die waarnemende hoof, Piet Holtzhauzen verwelkom. Die program is Saterdagaand met ‘n konsert en samesyn saam met ouers om die braaivleisvuur afgesluit.
Holtzhauzen sê oriëntering is ‘n goeie wyse om die graad 8-leerders op ‘n gepaste manier te verwelkom en in te lyf. “Ek is nie ‘n voorstander van negatiewe oriëntering nie, maar wanneer die program goed en opbouend bestuur word, is dit iets wat hulle vir altyd sal onthou. Ek het slegs positiewe terugvoer van ouers ontvang en is tevrede met die manier waarop die VLR die program hanteer het. Die ouers se gesindheid teenoor die skool is positief en hulle is gretig om ‘n bydrae tot die skool te lewer,” sê Holtzhauzen.
Christo Kleynhans, graad 8-leerder sê die oriëntering is ‘n wonderlike ervaring. “Nie alles is lekker nie, maar dit bring ons weer terug aarde toe. Die VLR-program is opbouend en ek is trots om te kan sê dat ek ‘n Tommie is.”

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Anandré Nel word deur waar­ne­mende Tommie-hoof, Piet Holtz­hauzen ingelyf.
Anandré Nel word deur waar­ne­mende Tommie-hoof, Piet Holtz­hauzen ingelyf.
Tshita Mohlala hou asem op in die moddergat.Foto’s: RC Myburgh
Tshita Mohlala hou asem op in die moddergat.Foto’s: RC Myburgh

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button