Kruinies hou konsert met Disney-geur
Wanneer ‘n ouma en twee vriendinne haar kleinseun op ‘n reis na Disney World neem en die kind verdwyn, kan die soektog tot groot avontuur lei. Dit was vanjaar die tema agter Curro Heuwelkruin se Mosaïekkonsert wat Vrydagaand in die buitelug by die skool afgespeel het. Ouma Gertie se kleinseun, Walt het in die Disneykasteel …
Wanneer ‘n ouma en twee vriendinne haar kleinseun op ‘n reis na Disney World neem en die kind verdwyn, kan die soektog tot groot avontuur lei.
Dit was vanjaar die tema agter Curro Heuwelkruin se Mosaïekkonsert wat Vrydagaand in die buitelug by die skool afgespeel het. Ouma Gertie se kleinseun, Walt het in die Disneykasteel verdwyn en terwyl sy en twee vriendinne, Magriet en Susara, na hom soek, loop hulle verskeie sprokiesboekkarakters raak.
Karakters soos Olaf die Sneeuman, Mickey Muis, Robin Hood en Captain Hook het hul verskyning gemaak en die konsert in ‘n musikale ekstravaganza verander.
Die graad 8- tot 12-leerders het soos vorige jare weer in graadverband teen mekaar meegeding met vyf fynverweefde storielyne. Die graad 12-groep het uiteindelik met die louere weggestap.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com


Ryan Mckenzie vertolk die rol van Captain Hook tydens Curro Heuwelkruin se Mosaïekkonsert.



