Rugbyondersteuners ‘in opleiding’
Met die groot opwarmingswedstryd tussen die Vodacom Blue Bulls en Emirates Lions het Review na Suikerbekkie Kleuterskool gegaan om by die kleuters uit te vind wie hul pappas ondersteun
POLOKWANE – Met die groot opwarmingswedstryd tussen die Vodacom Blue Bulls en Emirates Lions het Review na Suikerbekkie Kleuterskool gegaan om by die kleuters uit te vind wie hul pappas ondersteun.
Zihan van Deventer sê sy pa kyk baie rugby en skree ook gewoonlik baie hard as sy span ‘n drie druk, maar hy weet nie vir wie sy pa skree nie.
“My pappa hou baie, baie, baie van rugby en ek kyk lekker saam met hom,” sê Liane Kearns.
Larouchelle Duvenhage sê haar pa kyk nie regtig rugby nie, maar sy kyk darem lekker TV saam met hom.
Janco Smit sê sy pappa skree vir die Blou Bulle en hy kyk ook baie rugby saam met sy pa.
Heyneke Kriel sê sy pa kyk net rugby wanneer die Springbokke speel en hy skree ook gewoonlik lekker as die Springbokke ‘n drie druk.
“My pappa skree vir daai vissiespan (Sharks) en hy kyk baie rugby en hou baie daarvan,” sê Erin Rosser.








