Local NewsLocal sportNewsSport

Nadine draf vir die Bokke uit

Nadine Roos (19), het verlede jaar opslae gemaak toe sy die Universiteit van Pretoria (Tuks) sewesrugbyspan verteenwoordig het in Frankryk, waar sy vir hulle skrumskakel, senter en vleuel gespeel het

POLOKWANE – “Dit gaan in die begin moeilik wees, maar as jy daarop fokus en toegewyd bly sal jy die vrugte daarvan pluk,” was haar woorde verlede jaar.

Nadine het haar gr. 12-jaar in 2014 by PHS voltooi en by dié skool ook aan sport deelgeneem.

Sy het vir PHS se eerstespanne netbal en krieket gespeel.

Dié jaar kon sy die vrugte van haar harde werk en toewyding pluk toe sy die geleentheid gekry het om vir die eerste keer vir die Springbok Vroue sewesrugbyspan uit te draf vir drie wedstryde in ‘n vriendskaplike toernooi teen Brasillië in Stellenbosch verlede Saterdag.

“Ons het net een uit die drie wedstryde gewen, maar vir ons afrigter het dit nie net gegaan oor wen of verloor nie, maar oor hoe ons presteer het op die veld en hoe ons as ‘n span saam gewerk het.

“Ek het ook ‘n kompliment by die afrigters ontvang vir my spel wat my baie trots laat voel het en my verseker het dat ek op die regte pad is met my oefening en toewyding,” sê Nadine met ‘n trotse glimlag.

Nadine was ook gevra om vir vyf weke in Stellenbosch te gaan oefen vir ‘n groot rugbytoernooi wat in Las Vegas, Amerika in Maart gaan plaasvind.

Omdat sy vir so ‘n lang tydperk in Stellenbosch gaan moet wees vir die voorbereiding voel sy bekommerd dat dit haar studies by Tuks negatief gaan beïnvloed.

“Ek weet nog nie of ek voluit vir die Springbokke kan speel nie, want my studies bly steeds vir my ‘n prioriteit.

“Daarby moet ek ook uitvind of ek goedkeuring by die Universiteit van Stellenbosch kan kry voordat ek vir die span kan speel,” sê sy.

“Nadine speel die laaste ruk besonders goed en ek dink sy verdien haar kans om vir die Springbok Vroue sewesrugbyspan te speel,” sê Sarie Roos, Nadine se ouma.

Nadine neem ook graag aan landloop en Crossfit deel om fiks te bly.

 

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button