NewsSchools
Rooibokke wen Akademie Reformia se bokkesport
Akademie Reformia se sportterrein was verlede Saterdag ‘n miernes van bedrywighede toe die skool se jaarlikse bokkesport gehou is. Die Rooibokke het die Springbokke die loef afgesteek en drie rekords is verbeter. Carmie van Greuning, o.7, Janè de Witt, o.11 en Michael van Heerden, o.11 hou nou onderskeidelik die rekords in die 600 m, gewigstoot …
Akademie Reformia se sportterrein was verlede Saterdag ‘n miernes van bedrywighede toe die skool se jaarlikse bokkesport gehou is.
Die Rooibokke het die Springbokke die loef afgesteek en drie rekords is verbeter. Carmie van Greuning, o.7, Janè de Witt, o.11 en Michael van Heerden, o.11 hou nou onderskeidelik die rekords in die 600 m, gewigstoot en 100 m.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com






At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



