Bosveld NewsNews

‘Behoorlike dienslewering is ononderhandelbaar’

"Dienslewering is vir my van kardinale belang en ek skroom nie om op 'n paar tone te trap indien daar nie voldoende dienste gelewer word nie."

MOKOAPNE – Só sê DA raadslid van Wyk 32, Yolandé Coetzee.

Coetzee het met Bosveld gesels oor ‘n paar projekte wat haar tans na aan die hart lê.

Akasia het sedert Oktober onder ‘n vlaag misdaad deur geloop en Coetzee sê die gemeenskap het haar om hulp genader om die veiligheid in die gebied op te skerp.

Coetzee vertel: “Ek het reeds ‘n dringende versoek aan die Mogalakwena Munisipaliteit gerig vir goedkeuring om die area rondom Akasia, wat ‘n veilige vesting vir kriminele geword het, te ontbos.

Coetzee veg ook daagliks vir werkende straatligte. “Volgens die Elektrisiteits Departement, is die onlangse besending van gloeilampe reeds gebruik en wag hulle nou op die volgende aflewering,” sê Coetzee.

‘n Reuse kopseer vir die inwoners van eenheid D (die ou padkamp), is die feit dat die gebied slegs oor ‘n enkele straatlig beskik. “Dit is onaanvaarbaar om van die Openbare Werke te hoor dat die straatligte se herstel al vir ‘n paar jaar uit is op tender. Die saak gaan ek bly veg tot behoorlike dienslewering aan die orde van die dag is. Die gebied is tans onveilig weens die digte bosse, die hope sand wat in hulle strate lê en die speelterrein is ‘n veiligheidsrisiko.”

Coetzee sê die DA het tot aksie oorgegaan en van die swaaie word reeds opgeknap.

Die DA beoog ook om samesprekings met die departement te hê rondom die moontlikheid van ‘n studiesaal vir die kinders.

Daar is ‘n dringende versoek aan die Mogalakwena Munisipaliteit gerig oor die plakker, bekend as die man onder die brug. Coetzee meen dit is ontoelaatbaar dat die man kan maak en breek nes hy wil. “Watter presedent skep dit nie vir die Jan Alleman nie?”

Coetzee sê sy is ‘n trotse inwoner van Mokopane en wil graag hulp bied waar daar ‘n behoefte is, sy kan gekontak word by 079 2737 986.

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button