Local NewsNewsSchools

Bêre jou goete en skoffel jou voete

Hierdie week het PHS leerders gaan skoffel tydens die skool se Valentynsdans. Maar dié jaar se dans het 'n verskil gehad.

POLOKWANE – Deur ondervinding kom wysheid en dit het die personeel van Hoërskool Pietersburg weer bewys.

Hierdie week het leerders gaan skoffel tydens die skool se Valentynsdans.  Maar dié jaar se dans het ‘n verskil gehad,  daar was veilige hokkies waar leerders hulle besittings kon toesluit. Die skool se personeel het die behoefte gesien en ‘n plan gemaak.

Een van die onderwyseresse, Elmarie Craig het dit goed gedink om spesiale hokkies vir die leerders beskikbaar te stel waar hulle dan hul skoene en ander besittings veilig kon toesluit terwyl hulle net kon fokus op hulle danspassies.

“Die initiatief is deur die skool geneem om te sorg dat die leerders hul besittings veilig en onder toesig kan toesluit. Daar is altyd ‘n onderwyser by die hokkies en dit gee die leerders die vryheid om gou iets te kom haal as hulle dit sou nodig kry,” vertel Craig.

Sy sê die leerders betaal ‘n klein fooi om die hokkies te kan gebruik.

Anel Kotzé, ‘n leerder het opgewonde aan Review vertel dat die hokkies haar baie help, sy kan nou haar asmapompie veilig toesluit en die sokkie geniet.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button