POLOKWANE -Behalwe vir die deure wat beskadig is, is die klankstelsel en nuwe lamineermasjien gesteel. Die inhoud van die kostrollieprojek is ook gesteel en ook die gereedskap- en noodhulpkas se inhoud.
“Dit was vir ons ‘n geweldige skok toe ons by die skool kom en sien dat daar by ons kantore ingebreek is. Dis baie hartseer,” vertel Marietha Nel, skoolhoof.
Polokwane polisie-woordvoerder, a.o. Lesiba Ramoshaba sê ‘n saak van inbraak is geopen en die skade is eers vroeg Saterdagoggend ontdek toe die personeel by die skool kom.
Enigiemand met inligting kan die naaste polisiestasie kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!






