Gaste geniet musiekpretaand
Musiekkenners, -liefhebbers en gaste het Vrydagaand se musiekpretaand by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé terdeë geniet. Agt spanne van tien lede elk moes liedjies, kunstenaars en sanggroepe identifiseer en die aanbieder se aandag trek deur eerste ‘n knoppie te druk. Daar was ook ander kategorieë soos name van rolprente, televisieprogramme en stemme van vermaaklikheidsterre. Drie …
Musiekkenners, -liefhebbers en gaste het Vrydagaand se musiekpretaand by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé terdeë geniet.
Agt spanne van tien lede elk moes liedjies, kunstenaars en sanggroepe identifiseer en die aanbieder se aandag trek deur eerste ‘n knoppie te druk. Daar was ook ander kategorieë soos name van rolprente, televisieprogramme en stemme van vermaaklikheidsterre.
Drie spanne het uiteindelik sake uitgelate in die finaal uitgespook. Die span onder leiding van Christo Horring was die eerste span wat vyf punte in die finaal behaal het en met die louere weggestap het.
Geskenke is opgeveil en die opbrengs van die aand gaan aan die skool vir noodsaaklike uitgawes.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Adolf Swanepoel, Dan Pienaar en Luan Cloete is in hul noppies nadat hulle ‘n liedjie tydens Tom Naudé se musiekpretaand geïdentifiseer het.




