NewsSchools
Tradisie voortgesit met pretvolle tentedorp
‘n Tentedorp op Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se rugbyveld was Vrydagaand net die regte medisyne vir graad 4- tot 7-leerders wat ‘n besige skoolweek gesellig met maats wou afsluit. Die jaarlikse instelling word as geesbouinisiatief en geldinsamelingsgeleentheid aangewend. Leerders moes R50 elk vir die voorreg om saam met hul maats te kamp betaal en die opbrengs …
‘n Tentedorp op Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se rugbyveld was Vrydagaand net die regte medisyne vir graad 4- tot 7-leerders wat ‘n besige skoolweek gesellig met maats wou afsluit.
Die jaarlikse instelling word as geesbouinisiatief en geldinsamelingsgeleentheid aangewend. Leerders moes R50 elk vir die voorreg om saam met hul maats te kamp betaal en die opbrengs word deur die graad 6-groep gebruik om aan die einde van die jaar vir die graad 7-leerders ‘n afskeid te hou.
Veelkleurige tente van alle groottes is laatmiddag in voorafgemerkte areas opgeslaan en ingerig en die res van die aand is speletjies gespeel en op die terrein baljaar.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



