Bosveld NewsCrimeNews
3 verdagtes verskyn in hof
Die drie verdagtes wat Nico (68) en Annatjie Muller (66) van die plaas, Klippunt, ongeveer 20 km buite Mookgophong op die Crecy-pad, oorval en erg aangerand het, het Maandag weer in die Landdroshof in Mokopane verskyn.
MOKOPANE – Die Muller-egpaar is op 10 Januarie vermoedelik deur Kululeko Freedom Shongwe (38) van Ermelo, Albert Matwasa (47) ‘n Mosambiekse burger, en Mooiman Jabulani Mahlanu (32) van Mabopane aangeval.
Die verdagtes staar agt klagtes van onder meer poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in die gesig.
Die saak is uitgestel en sal vandag (Vrydag) begin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



