Bosveld NewsNews

Bravo! Balletdansers betower in die bos

‘n Groep jong balletsterre van Korea en ‘n paar Suid-Afrikaanse ballerinas het die naweek gesorg vir ‘n skouspel soos min tydens hulle vertoning ‘Ballet in the Bush’ by die Legends Golf & Safari Lodge.

MOKOPANE –  Die Koreaanse dansers wat  vir die eerste keer in 2014 by Legends met hulle  wêreldklasvertoning die gehoor betower het, het geskitter en almal tot die einde geboei met hulle passies. Die Suid-Afrikaanse balletsterre het ook ‘n kort opvoering gegee, wat die gehoor op die punte van hulle stoele laat sit het.

Die jongste lid van die Koreaanse geselskap is net elf jaar oud. Die opbrengs van die opvoering gaan na The Rhino Orphanage vir die versorging van baba renosters.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button